PWL Boeke

Al die boek-materiaal op hierdie bladsy is gratis beskikbaar in beide harde-kopie, sowel as as 'n PDF-file. 

Een het drie geword

Een het Drie Geword is die nuutste boek wat deur die PWL gepubliseer is. Dit is geskryf deur Flip Erasmus, met redaksie deur Gerrie Coetzee en die PWL-span.

Die boek is geskryf met die doel om die vals lering van die drie-eenheid aan te spreek en uit die Bybel as vals te bewys. Dit inkorporeer Bybel-verse asook geskiedkundige bronne om te wys hoe die drie-eenheidsleer niks anders is as godsdienstige Platonisme wat in die derde en vierde eeu in die kerk ingesluip het nie. 

PDFKontak ons

God en Feeste van die Verbond

Hierdie is 'n omnibus wat vir u 'n beter verstaan van die God van die Verbond en Sy Feeste sal gee en sodoende u verhouding met Vader versterk. Hierdie boeke is as 'n enkel omnibus beskikbaar in harde kopie op aanvraag. Dit kan as afsonderlike PDF's afgelaai word met die knoppies hieronder.

Die God van die Verbond boek behandel Wie die God van die Bybel is, wat Sy Verbond met die mens behels en wat Sy Naam is. 

Die Feeste van die Verbond boek is gerig op die Sewe Bybelse Feeste en lig hul betekenisse en praktiese implikasies uit. 

God van die VerbondFeeste van die VerbondKontak ons