wat is
"Ek is onveranderlik dieselfde, die Pad, die Waarheid en die Lewe; niemand gaan na My Vader toe, behalwe deur My nie."
Hierdie vers is die kern van wat ons doen as PWL groep as volgelinge in die voetspore van Yeshua. Die PWL het drie hoof "arms" waarmee die Koninkryk van God herstel en versterk word. Hulle vorm die basis van wat die roeping op die PWL span is en wat die PWL as 'n geheel voor staan en doen.
Die herstel van Vader se Waarheid word uitgevoer deur die "Pad van Waarheid tot die Lewe" Bybel Vertalings projek wat poog om die volledige Bybel uit die oorspronklikste manuskripte wat bestaan te vertaal. Die Bybel word vrylik versprei aan almal wat Afrikaans kan lees en die Bybel sou wou gebruik.
Meer inligtingPWL gemeentes mik om God se outoriteit en heerskappy te hervestig deur 'n suiwer, eenvoudige, Handelinge-geïnspireerde gemeente. Die gemeente bied Woord-gebasseerde, praktiese lering aan en sien om na mense in hul persoonlike, sowel as hul geestelike lewens. Al die leringe is gratis op YouTube beskikbaar en teks-leringe sal op hierdie webtuiste verskyn.
Gemeentesdie Gemeenskap van AfgesonderdesVader se Koninkryk is gebasseer op ware liefde vir ons medemens, en dit sluit die voorsiening aan fisiese behoeftes in. Die PWL se voorsienings-arm sorg vir mense wat behoeftes het sover moontlik, hoofsaaklik in kos. Hierdie kos word geproduseer op die PWL se klein plasie buite Bronkhorstpruit, donasies vanaf groot handelaars, asook direk vanaf boere.
Meer inligtingDie PWL vertaling is 'n letterlike verklarende vertaling wat die oudste beskikbare bronne gebruik. Die Nuwe Verbond is uitsluitlik uit Aramese bronne en die Ou Verbond is vannuit Aramese bronne vertaal met verwyssing tot die Griekse en Hebreeuse bronne.
Klik hieronder om meer oor die vertaling van die PWL Bybel uit te vind.
meer informasieDie PWL Bybel is gratis en sal, ter opdrag van God, altyd gratis beskikbaar wees in alle vorms. Dit is beskikbaar in hardekopie sowel as in PDF-formaat. Kontak ons gerus oor informasie oor waar om 'n hardekopie in die hande te kry, of laai die PDF's af met die knoppies hieronder. Van die boeke van die Bybel is ook beskikbaar in oudio-formaat.
Kontak onsPDF'sOudio-BybelDie PWL Sentrum in Pretoria is die hoofkwartier van die PWL-groep, asook die hoof gemeente in die Gauteng area. Daar is elke Saterdag 'n diens hier wat 10:00 vm begin.
KontakAanwysingsDie gemeente in die Wes-Kaap se hoofkwartier sit op 'n rustige plaas langs die Bulshoekdam naby Clanwilliam. Van hier af word die Kaapse byeenkomste gereël onder die mense wat verspreid is oor die Kaap.
KontakAanwysingsDaar is ook verskeie ander gemeentes en groepe in Suid-Afrika en in ander lande wat of deel vorm van die PWL-groep, of PWL-geaffiliëer is. Kontak besonderhede vir hierdie groepe is beskikbaar.
Kontak