PWL Gemeente-opset

gemeenskap van afgesonderdes

God se Woord en Leefwyse is nie alleen vir enkelinge gegee nie. Die samekoms van gelowiges en die gesamentlike aanbidding wat daarmee gepaard gaan is een van PWL se hoof konsentrasies. Mense is uiter aard sterker as hul in 'n geestelike familie en eenheid kan leef en leer. Só 'n familie kan sterk staan teen die aanvalle van Satan en as die regte leierskaps-struktuur in plek is, kan lering suiwer gehou word.

Aanbidding & Lering

Die PWL Shabbatdienste word lewend op YouTube uitgesaai. Druk op die knoppie hieronder om die direkte skakel te kry. Die dienste begin rondom 10h00 elke Saterdagoggend en duur gewoonlik tot 11h00. Onthou om die 'subscribe' en 'notify' knoppies daar te druk as U in kennis gestel wil word wanneer nuwe videos opgelaai word en wanneer 'n lewendige uitsending begin. 


Bespreking & Ontleding van die Woord

Na ete word die Woord bespreek volgens die lees-program wat hier op die webwerf beskikbaar is Hierdie bespreking word op Zoom gehou en is net oop vir mense wat deel is van die PWL-Gemeenskap of in persoon by 'n PWL-Gemeente is.


Kinderkerk - PWL Jeug

Om die grootmense kans te gee om deel te neem aan die bespreking sonder dat die kinders steur, word daar vir die kinders 'n "kinderkerk" tydens die bespreking aangebied wat hulle deur die Bybel vat met stories, aktiwiteite en lessies.

Die PWL kinderbediening bestaan uit verskeie ouderdoms-groepe wat in aparte klasse van God se Karakter en Woord geleer word. Die Jeug word in twee groot groepe ingedeel: PWL KinderKlasse en PWL Jeug. Die KinderKlasse se lessies word spesiaal voorberei, almal gebasseer op die Graad 3-6 lessie wat vereenvoudig word vir elke ouderdomsgroep. 

Die PWL Jeug bestaan uit die Junior- en Senior Jeug. Die Junior Jeug sluit almal van Graad 7 tot 9 in, en lê 'n fondasie om dieper in die Woord in de delf. Die Senior Jeug sluit jongmense in van Graad 10  tot 12, en word gesaamentlik gelei deur kinders wat al deur die sisteem is. Albei hierdie groepe ontvang gevorderde klasse om hulle te leer om God se Karakter uit te leef in die daaglikse lewe.

Klasse word deur die lede van die PWL-span aangebied en voorberei. Die PWL Jeug se klasse word aanlyn op Discord ook aangebied.